Protokolle en ander nuttige inligting
Hierdie deel van die webwerf sal mettertyd uitbrei. Laat ons weet as daar enige bepaalde protokol of inligting is wat u graag hier wil sien met ‘n email aan info@maternalfetal.co.za
12w sonar
Ons gebruik die Fetal Medicine Foundation protokol en algoritme vir die bepaling van die risiko van Downsindroom in die eerste trimester.
20w sonar
Hier is ‘n redelik uitgebreide protokol (ongelukkig net in Engels) vir strukturele fetale sonar wat in Utrecht ontwikkel is, met enkele aanpassings vir Suid-Afrikaanse omstandighede. Dit sluit ook inligting in oor fetale eggokardiografie en neurosonografie.
Fetale abnormaliteite
Hierdie is nie ‘n handboek nie (volg die skakel vir ‘n gratis handboek om af te laai), ook nie ‘n vervanging van uitstekende webwerwe soos VISUOG nie, maar ook so ‘n bietjie pitkos vir die fynproewer.
- Kardiale uitvloei abnormaliteite – uitstekende tabel met skakels na films deur Cathy Cluver en haar Australiese kollegas
- Kisteuse nierabnormaliteite – nog ‘n uitstekende tabel met skakels na films deur Cathy Cluver en haar Australiese kollegas
Handige skakels
Perinatale sorg berekeninge Perinatology.com