Laser vir tweelingtransfusiesindroom (TTS)

Hierdie prosedure behandel die oorsaak van TTS, d.w.s. bloedvate wat die sirkkulasie van die twee tweelinge verbind.  ‘n Dun instrument, genaamd ‘n fetoskoop, word onder sonargeleiding deur u buikwand tot in die baarmoederholte geplaas om die bloedvate op die plasenta te beoordeel.  Met ‘n laservesel word al die vate wat die tweelinge verbind, toegeskroei.  Op díe manier word die gesamenlike plasenta kunsmatig in twee gedeel.  Die oormatige vrugwater word ook gedreineer.  Die chirurgie kan onder lokale verdowning en sedasie gedoen word.  Na die prosedure word jy vir 24 uur in die hospitaal gemonitor.

Daar is ‘n 10% kans op gebroke vliese na die prosedure.  Daar is ook ‘n risiko op premature kraam, met die gemiddelde tyd van geboorte op 35 weke.  Daar is ‘n ongeveer 5% kans dat jy self komplikasies ontwikkel.

Dit kan ook gebeur dat alle bloedvate nie gelaser kan word nie, sodat TTS na die prosedure kan terugkom.  Selfs met ‘n tegnies suksesvolle operasie, kan een of altwee babas doodgaan as gevolg van die erns van die TTS, of omdat die baba ‘n te klein deel van die plasenta het.

Onder die beste omstandighede, is die oorlewingskans vir die baba’s ongeveer 75%.  Dit beteken dat daar omtrent ‘n 50% kans is dat altwee oorleef, en ‘n 25% kans dat altwee, of geen, oorleef.  Die risiko vir breinskade van oorlewende kinders is ongeveer 10%.

Indien jy dit verkies, kan na ‘n sentrum in Nederland, België of Engeland verwys totdat ons eie resultate beslis gelykstaande is aan die beste internasionale resultate.

 

Longitudinal section through the uterus in TTTTS.

‘n Fetoskoop word in die baarmoeder ingebring by  iemand met TTS. (skets met dank aan prof. Jan Deprest, Leuven)

 

Photo of a placenta (after birth) showing blood vessels connecting the circulation of the twins.

Foto van ‘n plasenta (na geboorte) wat die bloedvate wys wat die tweeling se sirkulasies verbind