Oor Ons

Die praktyk vir moeder en fetus is in Julie 2013 in die Panorama Mediclinic begin danksy die hospitaal se uitstekende reputasie vir pasiëntesorg, sentrale ligging en visie vir wêreldklassorg.

Dr Lou Pistorius

Lou het sy voorgraadse mediese studies in Pretoria gedoen en in Stellenbosch as  ginekoloog gespesialiseer. Na ‘n tyd in akademiese geneeskunde in Pretoria,  het hy as  obstetrikus-ginekoloog met spesiale belangstelling in moederlike en fetale  geneeskunde  in die Sandton Mediclinic gewerk.  In 2004 is hy na Utrecht, Nederland,  vir opleiding in perinatologie. Daar het hy as perinatoloog (Subspesialis in Moederlike en Fetal Geneeskunde) geregistreer, en in 2008 ‘n PhD voltooi oor beeldvorming van die fetale brein.

Hy is by die Fetal Medicine Foundation geregistreer vir eerste trimester sifting en onder andere lid van die International Society for Ultrasound in Obstetrics and GynaecologySouth African Society for Ultrasound in Obstetrics and Gynaecology en South African Society for Obstetrics and Gynaecology.

Naas outeur en mede-outeur van verskeie wetenskaplike artikels, is hy ook resensent vir verskeie vaktydskrifte.


Dr Cathy Cluver

Cathy Cathy voltooi haar voor- en nagraadse studies aan die Universiteit van Stellenbosch,  waar sy cum Laude slaag as Verloskundige en Ginekoloog in 2011.  Sy verower  die Daubenton Medal  vir die Fellowship eksamen van die Kollege of Geneeskunde  (Verloskundiges en Ginekologie) van Suid-Afrika en word aangewys as die beste  nagraadse meestersstudent aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sy is tans in die afrondingsfase van die sertifikaat vir Maternale en Fetale Medisyne, waartydens sy in 2013 ‘n jaarlange fellowship in Melbourne, Australië in Maternale en Fetale Medisyne gedoen het. Haar PhD-studie ondersoek die moontlike behandeling van pre-eklampsie.

Dr Cluver is geregistreerd by die Fetal Medicine Foundation vir eerste trimester sifting en is lid van The International Society for Ultrasound in Obstetrics and Gynaecology, die South African Society for Ultrasound in Obstetrics and Gynaecology en die South African Society for Obstetrics and Gynaecoloy.

Sy is aktief betrokke by voor- en nagraadse opleiding by Stellenbosch se mediese skool. Sy het meer as 20 internasionaal gepubliseerde artikels agter haar naam, het verskeie hoofstukke  vir studentehandboeke geskryf en is resensent vir verskeie wetenskaplike joernale waaronder die Cochrane library. Dr Cluver sluit aan by die praktyk in Mei 2015.


Dr Lynel Nel

LynelLynel is ‘n Algemene Praktisyn met ‘n spesiale belangstelling in fetale en maternale    medisyne.  Sy het haar opleiding by die Universiteit van Stellenbosch voltooi in 2004.

Daarna ontvang sy intensiewe opleiding in volwasse eggokardiografie in die Kardiologie  departement by Tygerberg Hospitaal. Sy werk ook by Grootte Schuur hospitaal in die departement Narkose, waar sy die vorige narkose ondervinding kombineer met eggokardiografie onder leiding van Professor Justiaan Swanevelder (leier in kardio sonars in narkose).

Dr Nel was lid van ‘n ondersoekspan, gelei deur Alicia Dennis van Melbourne Australië, ‘n kundige op die gebied van obstetriese narkose. Verskeie artikels verskyn hieroor in bekende mediese joernale.

Lou sit haar opleiding in sonar voort in sy praktyk en sy behaal verskeie kwalifikasies van die FMF in Londen.  Dr Nel sluit aan by die praktyk in April 2015.


Heidi Nolan

HeidiHeidi voltooi haar nagraadse studie aan die Cape Peninsula University of  Technologies (Tygerberg Campus) in Diagnostiese Radiologie (Diploma) in 2009  en Ultrasonographer (B-Tech) in 2011. Sy werk deeltyds as sonograaf by die  Universiteit van Stellenbosch, die Safe Passage Studie,  waar die fokus lê op die in-  vitro neuro ontwikkeling van die fetus.

Heidi sluit aan by die praktyk in Mei 2015.

 

 


Ronél Pistorius         René Snyman           Michelle Goslett

Praktykbestuurder.                            Ontvangsdame.                                 Ontvangsdame.

Ronel                     DSC_3156          DSC_3154